Ons verwelkom kinders, ma’s en pa’s om saam met ons pampoenfees te vier. Kom saam op die skattejag: ons spring oor die reusepampoen en kruip tot binne-in die Slak, oortrek met rankende kalbasse in allerhande vorms en groottes.Nota: Omdat daar met skerp voorwerpe gewerk word, moet kinders deur ’n volwassene vergesel word. Maksimum twee kinders (tussen vyf en tien jaar oud) per volwassene. Hierdie werkswinkel word in Afrikaans aangebied. Vir navrae kontak asseblief enquiries@babylonstoren.com Chianina boereworsrolle en oestafel is ingesluit.

