2024 Toyota Stellenbosch Woordfees

2024 Toyota Stellenbosch Woordfees speel, sprankel en spruit dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas. Die 2024-program - Die gratis gedrukte feesgids is vanaf middel Julie by die […]

Woordfees-straatsoirée – Erfurthuis

Erfurthuis 37 Ryneveld Street, Stellenbosch

Op hierdie spesiale straatmakietie wat jaarliks gehou word, kan jy jou verlustig in ’n keurspel van kosstalletjies, druiwegenot, musiek, goeie wynversnitte en Bolandse gasvryheid. Kom klink ’n glasie op die kunste en goeie wyn! Aangebied deur Stellenbosch-wynroetes.

R250 – R280